Spesies van die genus Antirrhinum is algemeen bekend as leeubekkies. Hierdie genus is een van die 200 genera van die familie Scrophulariaceae wat altesaam sowat 3 000 spesies omvat. Die benaming leeubekkie word algemeen in Suid-Afrika gebruik om die gewone tuinleeubekkie of Kaapse leeubekkie (Antirrhinum majus) en die verskillende inheemse Nemesia-spesies aan te dui.

