Pitte teen cholesterol, alombekend of liewers beter bekend as #mielies.
Mielies bevat 'n tipe dieetvesel genaamd oplosbare vesel. As jy mielies eet, verbind hierdie vesel met gal, 'n cholesterolbelaaide spysverteringsvloeistof wat deur die lewer vervaardig word. Aangesien oplosbare vesel nie geredelik deur die liggaam opgeneem word nie, word dit in die stoelgang uitgeskei en neem die cholesterol saam uit.
'n MUDSAK voedingstowwe - Mielies is 'n wonderlike bron van tiamien, 'n B-vitamien wat van uiterse belang is om kos in energie om te skakel. 'n Mieliekop lewer 0.2mg tiamien, 13% van die Daaglikse Waarde (DW). Dis meer as wat jy uit 3 snye spek of 90 gram gebraaide beesvleis sal kry.
Groenmielies kan net sowel die natuur se kitskos genoem word a.g.v die feit dat dit maklik is om voor te berei. Trek net die mielies se blare en baard af, sit die koppe in 'n stomer en binne enkele sekondes is dit gereed.
Maak dit dadelik gaar. Indien groenmielies te lank gehou word, verander die natuurlike suiker daarin in stysel en is jy die natuurlike soet smaak kwyt. Kook mielies dus so gou as moontlik nadat dit gepluk is.
Los die sout. Moenie sout byvoeg as jy mielies in kookwater kook nie. Dit trek vog uit die pitte en maak dit hard en moeilik om te kou. Sny die pitte af. Indien jy nie jou lus in toom kan hou vir groenmielies nie, maar tog ook nie lus is om met 'n mieliekop te sukkel nie, kan jy die pitte afsny. Hou die kop regop in 'n bakkie en sny met 'n skerp mes afwaarts, 'n paar rye meteens. Wanneer al die pitte verwyder is, skraap die kop met die stomp kant van die lem om die soet, melkerige sap uit te kry.
Die bietjie vet wat daar in mielies is, is van die poli- en mono-onversadigde soorte wat baie gesonder is as die versadigde vette in vleise en suiwelkosse.
Volgens Donald V.Schlimme, Ph.D., professor in voeding en voedselleer aan die Universiteit van Maryland in College Park vervul dit ons energiebehoeftes sonder dat dit ons met 'n beduidende hoeveelheid vet laat. Hy beveel ook aan dat mens dit op die heel rypste koop, juis om die rede dat die vlak van voedingstowwe dan die hoogste is.
Om te kyk of mielies bekwaam of ryp is, moet jy een van die pitte met jou vingernael stukkend steek. Indien die vloeistof wat uitkom nie melkerig van kleur is nie, is die mielies miskien nog onbekwaam of selfs oorryp en moet jy dit liewerste los.
![](https://static.wixstatic.com/media/5ee8c6_e4d76536d1b14db583835657d0f87366~mv2.jpg/v1/fill/w_980,h_654,al_c,q_85,usm_0.66_1.00_0.01,enc_auto/5ee8c6_e4d76536d1b14db583835657d0f87366~mv2.jpg)