top of page

Wonderlike koejawel geur

Updated: Feb 28, 2023

Koejawels is ietwat seisoengebonde en soms nie altyd so vrylik beskikbaar nie, maar dis beslis die moeite werd om na hierdie pienk of geel vrugte, so groot soos 'n suurlemoen, te soek.



Wat koejawels so spesiaal maak, is 'n karotenoïed genaamd likopeen. Likopeen was lank in die skadu van 'n verwante verbinding genaamd beta-karoteen. Maar nou dui studies daarop dat likopeen moontlik baie kragtiger as sy beter bekende verwant is.


Eintlik is likopeen een van die sterkste antioksidante, sê Paul Lachance, professor in voeding en voorsitter van die departement van voedselleer aan Rugters Universiteit in New Brunswick, New Jersey.


In laboratoriumstudies het Israeliese wetenskaplikes gevind dat likopeen in staat is om snel die groei van long-en borskankerselle te blokkeer.



Laastens is koejawels wanneer dit by dieetvesel kom, 'n superster wat sowat 9 gram per koppie bevat. Dis meer vesel as wat jy uit 'n appel , appelkoos , piesang en kaalperske tesame sal kry.


Hierdie feit trek die aandag van hartnavorsers , want om meer vesel in jou dieet te verkry is een van die beste maniere om cholesterol, en daardeur die risiko vir hartsiekte , te verlaag.


In 'n studie van 120 mans het Indiese navorsers gevind dat die totale cholesterol van diè mans wat drie maande lank elke dag 5 - 9 koejawels geëet het , met byna 10% gedaal het. Die beste was egter dat hul vlakke van heilsame hoëdigtheid-lipoproteïen-cholesterol inderdaad met 8% gestyg het.




7 views0 comments

Recent Posts

See All
bottom of page