Abraham en Sara was baie gelukkig in die land Kanaän. Maar daar het iets gekort. God het vir hulle 'n groot familie belowe. Hulle het bokke met babas gehad.
Die skape het lammertjies gehad. Die kamele het babakamele gehad. Maar Abraham en Sara het nie kinders gehad nie.
Abraham het een aand opgekyk na die sterre in die hemelruim.
"Moenie bekommerd wees nie," het hy God hoor sê. "Jy sal kinders hê".
Op 'n dag sal jou nageslag so baie wees soos die sterre wat jy in die lug sien."
Weke, maande en jare het verbygegaan. Abraham en Sara het gedink hulle is te oud om kinders te hê. Maar Abraham het steeds op God vertrou.
Net toe kry Sara 'n babaseuntjie. Hulle was so ingenome, hulle het hom Isak genoem.
Abraham het weer na die sterre geloer en geglimlag. God het soos altyd , sy belofte gehou.
JENESEQUA ZA BULLETIN :
ISAK beteken "Lag"
![](https://static.wixstatic.com/media/fefb6a_fa964bc74a4e45418cd3311a563d8bca~mv2.jpg/v1/fill/w_720,h_825,al_c,q_85,enc_auto/fefb6a_fa964bc74a4e45418cd3311a563d8bca~mv2.jpg)