MAGIESE MANGO'S
- JENESEQUA
- Nov 29, 2022
- 1 min read
Updated: Feb 28, 2023
Tropiese vrugte - eksoties helend.
Prettige feit : Dit kan hartsiekte en kanker help verhoed asook spysvertering aanhelp.
Mango's bevat hope betakaroteen wat beteken hulle kan die uitwerking van skadelike suurstofmolekules genaamd vryradikale blokkeer.

'n Mango bevat byna 5 mg betakaroteen, 50% tot 83% van die aanbevole hoeveelheid van 6mg tot 10mg, en 57 mg vitamien C, 95% van die Daaglikse Waarde (DW). Dit is 'n uiterse heilsame mengsel.

Mango's is ook hoog in vesel : 1 mango verskaf byna 6 gram - meer as 1 koppie gaar hawersemels. Bowendien is byna die helfte van die vesel in mango's van die oplosbare soort.
Studies toon dat meer oplosbare vesel in die dieet kan help om cholesterol te laat daal en die risiko vir hartsiekte en beroerte te verlaag. Die onoplosbare vesel in mango's laat stoelgange - en die skadelike stowwe daarin - vinniger deur die liggaam beweeg. Mango's kan dus dalk die risiko vir kolonkanker verminder.

Comments